
Toelatingsinligting
Alles wat u moet weet oor aansluiting by Eljada-Kairos Skool
Toelating


Verken ons toelatingsproses
Terapeutiese Dienste
Verken ons terapeutiese dienste
Verken ons koshuis en busdiens
Koshuis en Busvervoer
Toelating
Hier is ‘n stap-vir-stap-gids om u aansoek glad en doeltreffend in te dien. Ons skool volg ‘n aangepaste kurrikulum wat die volgende vakke insluit


Junior Kampus
Gr R - Gr 3
Senior Kampus
Gr 4 - Gr 5
Junior Vakke
Afrikaans
Wiskunde
Lewensoriëntering
Afrikaans HT
Wiskunde
Engels EAT
Taal
Natuurwetenskap
Vaardighede
Landboustudies
Houtwerk
Instandhouding
Gasvryheidstudies
Kuns en Handwerk
Skooldrag
Junior Uniform






Senior Uniforms
Informele Skooldrag
Somer
Dogters
Informele Skooldrag
Somer
Seuns
Formele Skooldrag
Somer
Dogters
Formele Skooldrag
Somer
Seuns








Senior Vakke en Vaardighede

Sport
Sportopleiding vind gedurende skoolure plaas. Sportkodes wat by die skool aangebied word:






Netbal
Sokker
Landloop
Krieket
Tafeltennis
Atletiek

Fooie
Skool Fooie 2026
R95 per maand vir 10 maande
R950 per jaar
Busvervoer 2026
R210 per maand vir 10 maande
R2100 per jaar
Koshuisfooie 2026
R195 per maand for 10 maande
R1950 per jaar
Dissipline
Die skool se dissiplinêre stelsel is gegrond op die ontwikkeling van die volgende karaktereienskappe:
Omgee, Verantwoordelikheid, Regverdigheid, Betroubaarheid, Respek en Burgerskap.
Terapeutiese Dienste
Ons skool bied ’n omvattende, multidissiplinêre terapeutiese diens wat daarop gemik is om elke leerder se holistiese ontwikkeling, welstand en deelname aan die skoollewe te ondersteun. Ons ervare span werk gesamentlik om leerders se mediese, emosionele, fisiese, sensoriese, kommunikasie- en ontwikkelingsbehoeftes binne die opvoedkundige omgewing aan te spreek.
Die span bestaan uit ’n verpleegkundige, sielkundige, fisioterapeut, arbeidsterapeut en spraak-taalterapeut wat nou saam met opvoeders en gesinne werk om individuele, doelgerigte ondersteuning te bied. Waar moontlik word dienste in die skooldag geïntegreer om te verseker dat terapie betekenisvol, funksioneel en relevant is tot elke leerder se leer- en daaglikse aktiwiteite.
Deur vroeë identifisering, voortgesette intervensie en gereelde samewerking streef ons terapeutiese span daarna om selfstandigheid te bevorder, leergerigtheid te versterk, emosionele regulering te ondersteun en die algehele lewensgehalte van elke leerder te verbeter.

Koshuis en Busvervoer


Koshuis
Ons skoolkoshuis bied veilige, gestruktureerde verblyf aan leerders wat ver van die skool af woon en gedurende die skoolkwartaal residensiële ondersteuning benodig. Die koshuis beskik oor 75 beddens en bied ’n sorgsame omgewing met deurlopende toesig om die veiligheid en welstand van alle leerders te verseker.
Die fasiliteit is rolstoelvriendelik en stel leerders met fisiese toeganklikheidsbehoeftes in staat om gemaklik en selfstandig binne die koshuisomgewing te beweeg.
Neem asseblief kennis dat die koshuis gedurende skoolvakansies en een naweek per maand, volgens die skoolkalender, gesluit is.
Busvervoer
Alle dorpsleerders kan daagliks van die skool se busvervoer gebruik maak. Leerders moet vanaf 06:30 gereed wees om opgelaai te word en sal vanaf 13:30 afgelaai word.
Kontak Ons
Enige vrae? Ons is hier om te help.


